Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Paniek-aankope het tot kosprys-skokke bygedra

Paniek-aankope en die verswakking van die randdollar-wisselkoers is deels vir die skerp styging in kospryse aan die begin van die Covid-19-inperking verantwoordelik.

Kospryse het noemenswaardig gestyg tydens die staat van inperking. Foto: iStock

Dit is van die gevolgtrekkings van die Mededingingskommissie in ’n verslag oor buitensporige kospryse.

Prysstygings is vererger deur markte wat nie doeltreffend kon funksioneer tydens die inperking nie.

Van die 1 600 klagtes wat teen die einde van Junie ontvang is oor buitensporige pryse, was 307 oftewel 19% van die totaal oor basiese kosprodukte in kruidenierswinkels, het die kommissie Dinsdagmiddag in ’n verklaring gesê.

Die verslag kom te midde van die kommissie se poging om buitensporige pryse en uitbuiting tydens die Covid-19-inperking hok te slaan. ’n Hele paar maatskappye is uitgevang dat hulle die publiek deur uitermatige hoë pryse vir gesigmaskers, handreinigers en ook noodsaaklike voedselitems uitgebuit het.

Volgens die kommissie het die markkragte wat aanvanklik kospryse opgejaag het, intussen bedaar en die pryse het nou gestabiliseer. Verbruikers behoort nou prysverlagings te sien. Die ervaring uit die verlede is dat kospryse vinnig styg, maar stadig daal – “nog ’n markkenmerk wat reggestel sal moet word”, luidens die kommissie se verslag.

Ander onderliggende kenmerke waarop die kommissie se prysmonitering afgekom het, is die groot verskil tussen groot- en kleinhandelspryse. Dit moet verder ondersoek word, en ontlok ernstige vrae oor die verspreiding van risiko en wins in die waardeketting. Dit lyk of boere aan byna al die prysrisiko’s blootgestel word, terwyl die meeste wins by agente, verspreiders, kosmaatskappye en kleinhandelaars lê.

Die kommissie is besorg oor die hoë winsmarges wat by vars produkte en sekere noodsaaklike kosprodukte in sommige winkels voor én tydens die inperking gesien is. Die kommissie gis dat dit dalk te doen het met die eksklusiewe huurooreenkomste in die kleinhandelbedryf, waaraan die kommissie deur vrywillige skikkings of andersins deur regstappe ’n einde wil maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.