Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Paniekaankope lei tot ‘kunsmatige’ kosskaarste

Die landboubedryf speel ’n belangrike rol in die Covid-19-pandemie en daar is geen rede vir paniekaankope van kos nie, sê Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Die minister het die naweek weer beklemtoon dat hierdie aankope gedurende die staat van inperking lei tot ’n kunsmatige kosskaarste en die verdraaiing van feite.

Die veiligheid van ons boere en plaaswerkers is baie belangrik.

“Die landbou en voedselprodusente is belangrik, veral nou. Ingevolge die Rampbestuurswet van 2002 is die landbousektor verantwoordelik vir voedselsekuriteit en is die bedryf gevolglik as noodsaaklik verklaar.

“Dit sluit in die oes en berg van landbouprodukte. Dit herbeklemtoon die volle voedselwaardeketting, van die plaasbedrywighede, verwerking, voedselproduksie en logistiek tot die ondersteuningsfunksies, wat doeltreffende lewering tot gevolg moet hê. Dit alles moet bydra tot die beskikbaarheid van genoeg kos,” sê Didiza.

Sy sê die maatreëls wat die regering en landbou ingestel het, sluit in die monitering van voedselvoorsiening en die versekering dat kritieke landbouproduksie ononderbroke voortgaan.

“Die veiligheid van ons boere en plaaswerkers is baie belangrik.”

Rig alle navrae oor Covid-19 in die landbousektor aan Covid-19info@dalrrd.gov.za of skakel 086 024 6640.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.