Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Paniek-koop veroorsaak tekort aan dié produkte
Suid-Afrikaners het reeds voor die staat van inperking supermarkte leeg gekoop uit pure angs. Foto: Unsplash

Paniekbevange Suid-Afrikaners is besig om die winkels léég te koop.

’n Studie deur die internasionale navorsingsagentskap Finder het hierdie bevinding gemaak.

Dit het veroorsaak dat miljoene mense in die laaste week nie noodsaaklike items kon aanskaf nie omdat ander mense dit in grootmaat opgeraap het.

Finder het meer as 1 500 Suid-Afrikaners ondervra en meer as die helfte (56%) van die respondente het aangedui hulle kon nie in die laaste week basiese noodsaaklikhede in winkels vind nie. Skoonmaakmiddels, soos handreiniger en handseep, was die moeilikste om te bekom, wys Finder se data. Meer as ’n derde (37%) van die respondente het gesê hulle kon dit nie in die laaste week in die hande kry nie omdat dit uitverkoop is. Byna ’n kwart kon ook nie toiletpapier kry nie.

Vars kos soos groente en vrugte is ook baie skaars.

Suid-Afrikaners beleef van die ergste tekorte aan noodsaaklike items van al die lande waar Finder mense ondervra het.

Altesame 56% van die respondente in die VSA het ook gekla dat noodsaaklike items weens paniekaankope in die winkels uitverkoop is.

In die Filippyne beloop dit 58%. In Kanada het 54% van die respondente probleme hiermee ervaar en in Ierland 47%.

Toiletpapier is die skaarsste in die VSA, gevolg deur Kanada. Suid-Afrika is in die derde posisie.

Handreiniger is weer die skaarsste in Suid-Afrika, gevolg deur die VSA en Kanada.

Net 20% van die respondente in Hongkong het aangedui hulle kon nie in die laaste week handreiniger te koop kry nie.

paniek

Suid-Afrikaanse supermarkte het reeds herhaaldelik ’n beroep op verbruikers gedoen om nie onnodig baie kos of ander produkte te koop gedurende die staat van inperking nie. Supermarkte oor die hele Suid-Afrika bly in hierdie tyd oop en word voortdurend met nuwe voorraad aangevul.

Die Vereniging vir Papiervervaardigers van Suid-Afrika (Pamsa) het ook vroeër vandeesweek aan Netwerk24 gesê daar is meer as genoeg voorraad van toiletpapier en Suid-Afrikaners hoef nie bekommerd te wees dat hul “witgoud” sal opraak nie.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Paniekaankope  |  Winkels  |  Supermarkte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.