Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Patel sê staat moet hernuwe
Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling.

Daar is ’n nuwe optimisme oor die ekonomie waarop die land moet voortbou, het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Maandag gesê.

Patel het in die debat oor die staatsrede verwys na die terugskuif van Old Mutual se primêre notering na die JSE, die buitelandse belegging in die Chevron-raffinadery in Kaapstad, die bierreus AB InBev se belofte om geleenthede vir swart boere in Suid-Afrika uit te brei, en Isuzu se oorname van General Motors se fabrieke in Port Elizabeth.

Patel meen dié voorbeelde dui op die terugkeer van beleggersvertroue.

Patel sê werkloosheid is steeds die grootste uitdaging. Daar is net 16,2 miljoen mense in Suid-Afrika wat werk, terwyl die ekonomie nie werk skep nie.

Patel meen pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede stippel ’n plan uit om dit om te keer, maar dit vereis hernuwing in die staat.

Patel meen die huidige oorskot van elektrisiteit is ’n ideale grondslag vir staatsbesteding van meer as R300 miljard oor die volgende byna twee jaar om nuwe skole en hospitale te bou.

Patel sê binne drie weke sal daar met die private sektor geskakel word om hulpbronne vir verdere belegging te ontsluit. Hy gee toe korrupsie in staatsondernemings verhoed dat meer geld belê kon word in die bou van huise, skole en klinieke.

Hy kry ook ’n stekie in na die private sektor. “Die bedrog in Steinhoff se boekhouding verarm mense wat vir hul aftrede spaar.”

Hy sê die hersiening van die mededingingswetgewing gaan vanjaar in die parlement ter tafel gelê word. Dit voorsien strenger strawwe vir mense wat verantwoordelik is vir korrupsie in die private sektor.

Volgens Patel sal die Industrial Development Corporation vanjaar R1,3 miljard aan die ontwikkeling van werkgeleenthede vir jongmense bestee.

In die mynbousektor sal daar daaraan gewerk word om werkers meer seggenskap in maatskappye te gee en ’n soewereine welvaartfonds word oorweeg. (Dit is ’n nasionale beleggingsfonds waarin staatsbates gebruik word in beleggings wat die ekonomie kan bevoordeel.)

Patel sê ontwikkeling is nie net die regering se werk nie; dis om mense die geleentheid te gee om self te ontwikkel.

Meer oor:  Steinhhoff  |  Old Mutual  |  Ebrahim Patel  |  Cyril Ramaphosa  |  Jse  |  Staatsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.