Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
PE, Bloem en Upington staan reg vir passasiers

Die lughawens in Port Elizabeth, Bloemfontein en Upington is gereed om vliegtuie en passasiers te ontvang, het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) Dinsdag belowe.

Die lughawegebou van die Port Elizabeth-lughawe

En Acsa werk steeds met die betrokke owerhede saam aan oplossings om sy lughawens in George, Kimberley en Oos-Londen ook binnekort te open, het Senzeni Ndebele, woordvoerder vir Acsa, gesê. Dié lughawens het nog nie goedkeuring gekry om te heropen nie omdat daar ’n gebrek aan die gesondheidsverteenwoordigers is wat deur Covid-19-regulasies vereis word.

Maar Acsa se bestuur en personeel in die PE, Bloemfontein en Upington is wel slaggereed om van Woensdag af passasiers te ontvang. Dié lughawens is belangrike streeklughawens om plaaslike ekonomieë weer aan die gang te kry, sê Ndebele.

Dit geld veral die twee Oos-Kaapse lughawens waar die motorbedryf sterk verteenwoordig is. Volkswagen se fabriek is in Uitenhage buite Port Elizabeth, en sowel Ford as Isuzu het aanlegte in Port Elizabeth.

Mercedes-Benz Suid-Afrika se motoraanleg is in Oos-Londen.

Upington is op sy beurt ’n belangrike vraglughawe vir die uitvoer van tafeldruiwe uit die Oranjerivier-landbougebied.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Maandag aangekondig dat dié drie lughawens saam met dié in Nelspruit, Pietermaritzburg, Richardsbaai en Skukuza toegelaat word om op 1 Julie vir vlugte oop te maak.

Die lugdienste wat tans vlugte aanbied, is FlySafair, Airlink, Cemair en Mango.

Acsa se drie groot internasionale lughawens in Kaapstad, Durban en Johannesburg het vroeër in Junie vir binnelandse sakereise oopgemaak.

Ndebele het verduidelik dat al die lughawens nuwe reëls vir parkering, toegangspunte en sifting het, en sakereisigers moet seker maak hulle het genoeg tyd om deur al die prosesse te gaan.

Acsa het die volgende reëls op die lughawens:

  • Net passasiers word binne lughawegeboue toegelaat. Mense moet openbare vervoer gebruik of by aflaaipunte op- of afgelaai word. Daar sal net beperkte parkeerruimte in parkades wees.
  • Maskers is verpligtend.
  • Sifting van alle passasiers en personeel word by die ingange gedoen.
  • Passasiers moet hul toestemmingsbriewe vir sakereise by die ingang wys.
  • Passasiers moet aanlyn inbespreek voordat hulle lughawe toe gaan of dit by selfhelp-kiosks in die lughawegebou doen, want daar is net ’n beperkte aantal besprekingstoonbanke in werking, waar die reëls vir sosiale afstand in die rye sal geld.
  • Passasiers sal hul eie papier- of digitale instapkaarte by die veiligheidsbeheerpunt moet skandeer.
  • Passasiers moet self enige metaal- of elektroniese item van hul persoon verwyder voordat hulle in die ry val vir veiligheidsifting sodat dit nie nodig is dat veiligheidsbeamptes hulle hoef te deursoek nie.
  • Sosiale afstand sal geld vir rye om aan boord van ’n vliegtuig te gaan, en passasiers moet by die instaphek self hul instapkaarte skandeer.
  • Passasiers sal op ’n beheerde manier aan boord gaan en diegene met kaartjies vir die agterste sitplekke in die vliegtuig sal eerste opstap. Hou maskers aan vir die duur van die vlug en as jy afklim en na die bagasievervoerband beweeg. Mense mag ook nie daar saamdrom nie.
Meer oor:  Acsa  |  Vlieg  |  Vlak 3  |  Lugvaart  |  Lughawe  |  Lughawens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.