Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Perke op PE is ‘wekroep’ vir restaurante, hotelle

Dis baie goeie nuus vir restaurante in kusdorpe dat pres. Cyril Ramaphosa nie Donderdagaand interprovinsiale reis verbied het nie.

Die Shark Rock-pier is een van Port Elizabeth, se ikoniese bakens. Foto: Renaldo Gouws

“Dan sou ek sewe Valiums per dag moes drink. Nou kan ek oorleef met net een per dag,” spot Grace Harding, uitvoerende hoof van Ocean Basket en woordvoerder van The Restaurant Collective.

Harding sê restaurante het pas begin herstel ná die streng fases van die inperking en ’n reisperk of nasionale perk op drankverkope sou vernietigend gewees het. Hoewel sy terg oor die Valiums, is mense in die restaurantbedryf opreg vuisvoos weens die inperkings vir die Covid-19-pandemie.

Die strenger maatreëls wat ingestel is in die Nelson Mandelabaai- metropolitaanse munisipaliteit, wat tot ’n brandpunt verklaar is, is ’n “wekroep” vir die land en die hele reis- en restaurantbedryf, sê Otto de Vries, uitvoerende hoof van die Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagentskappe (Asata).

De Vries wys op Ramaphosa se waarskuwing dat ander munisipaliteite ook strenger gereguleer gaan word as infeksies aanhou styg.

De Vries sê dit sal ’n ramp wees as strenger inperkings weer vir die bedryf ingestel moet word. “Ons moet nou verseker dat ons nie teruggaan na waar ons vantevore was nie, en dit beteken behoorlike inwerkingstelling van die omvattende protokolle wat spesifiek vir ons sektor ontwikkel is, en die bestuur van voldoening deur ons kliënte, gaste en reisigers.

“Dis regtig so eenvoudig soos dit. Dis in ons hande.”

Harding sê die strenger aandklokreël (van 22:00 tot 04:00) in Nelson Mandelabaai gaan veral kroeë en sjebiens negatief raak. Drinkplekke in dié munisipaliteit, wat Port Elizabeth, Uitenhage en Despatch insluit, mag ook nie meer ná 22:00 drank verkoop nie.

Gesinsrestaurante, koffiewinkels en kitskosplekke sal gelukkig dié keer die pyn gespaar word, meen Harding.

Harding sê sy twyfel of die strenger regulasies in PE vakansiegangers sal afskrik, gegewe dat mense gewoond geraak het aan uitgaan, selfs met perke.

Volgens inligting wat die bedryf nou het, lyk besprekings vir verblyf op kusdorpe goed. Suid-Afrikaners is ná ’n jaar van inperkings gretig om weg te breek, meen Harding.

The Restaurant Collective verteenwoordig duisende aansitrestaurante landwyd.

Jeremy Clayton, voorsitter van Fedhasa in die Wes-Kaap, sê hy kan mense verseker dat die gasvryheidsbedryf nou al gesout is met Covid-19-protokolle omdat hulle dit reeds ses maande lank streng toepas om gaste se veiligheid te verseker.

Fedhasa is ’n bedryfsliggaam vir hotelle en ander verblyfplekke, asook spyseniers, restaurante en sjebiens.

“Vir die komende somerseisoen is die Wes-Kaap vol vertroue dat die buitelug en oop ruimtes wat ons provinsie bied, ons streek ’n wonderlike bestemming maak. Die inwerkingstelling en voortgesette monitering van protokolle is sterk, en verseker ’n gevoel van veiligheid vir reisigers wat hul jaareindvakansie wil geniet.”

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Fedhasa  |  Verblyf  |  Vlak 1  |  Restaurante  |  The Restaurant Collective  |  Inperking  |  Covid-19  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.