Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Politiek bring meer risiko in SA ekonomie’
Malusi Gigaba, wat die leisels by die tesourie vroeër vanjaar in ’n kabinetskommeling oorgeneem het.

Die risiko om in Suid-Afrika te belê is dalk kleiner as in die gemiddelde Afrika-land, maar so ook die beloning wat beleggers kan verwag.

En dit is alles toe te skryf aan die toenemende rol wat politieke onsekerheid nou speel.

Dit is die bevinding in die navorser Oxford Economics se September-risiko-beloningsindeks vir Afrika-lande.

“Politieke risiko was die laaste jare die belangrikste element in die Suid-Afrikaanse ekonomie,” sê Elize Kruger, senior ekonoom by Oxford Economics, in ’n verklaring oor dié indeks.

“Toe die verslag geskryf is, het die ekonomiese toekoms baie afgehang van die uitslag van die ANC se nasionale konferensie wat in Desember plaasvind.

“Hoewel die land tans in ’n laegroei-, laevertrouensomgewing vasgevang is, is daar nogtans beleggingsgeleenthede in sektore soos farmaseutiese produkte en dienste en telekommunikasie.

Dit gaan in die volgende jaar al hoe meer riskant raak om in Suid-Afrika te belê.
Oxford Economics

“Die baie likiede effektemark bied ook steeds aantreklike verdienste,” sê sy.

Die verslag lui egter dat sleutelinstellings, wat die nasionale tesourie insluit, die afgelope dekade verswak het.

“Dié proses gaan in die volgende jaar versnel,” waarsku die maatskappy.

Hy meen meningsverskille oor beleid, spesifiek dié wat energie en hulpbronne raak, sal beleid aansienlik meer na links dryf.

“Dit gaan in die volgende jaar al hoe meer riskant raak om in Suid-Afrika te belê,” waarsku hy.

Oxford Economics waarsku die ekonomiese manifestasie van politieke risiko is wisselvalligheid.

“Markte het negatief op politieke besluite – insluitend die kabinetskuiwe – en beleidsverklarings gereageer.

“Meer kritiek en toenemende spanning tussen sake, politieke partye en staatsamptenare het verbruiker-, sake- en beleggersvertroue verlaag. Treurige plaaslike aanvraag, hoë werkloosheid, droogte en beperkte internasionale aanvraag na Suid-Afrikaanse uitvoer het in 2016 tot groei van net 0,3% in bruto binnelandse produk gelei.”

Die goeie nuus is dat Oxford Economics verwag die landbousektor sal ekonomiese groei in die toekoms saam met ’n oplewing in die vervaardigingsektor ’n hupstoot gee.

Die maatskappy verwag ook inflasie sal aanhou daal en dat die rand veerkragtig sal bly.

Hy kom tot die gevolgtrekking dat Suid-Afrika se punt (5.0) op die indeks wat risiko betref steeds onder die gemiddelde vlak vir die res van Afrika is, maar dat sy telling van 4.8 vir hoe beleggers beloon word laag is.

Oxford Economics se indeks plaas lande op ’n ranglys om aan te dui waar die risiko die laagste is om te belê, maar ook waar beleggers met die beste opbrengs beloon word.

Zimbabwe is byvoorbeeld volgens die indeks die land wat die meeste risiko’s vir beleggers inhou terwyl Ethiopië die grootste beloning bied.

Die maatskappy stel egter nie ’n volledige indeks beskikbaar nie en net sekere syfers word verskaf.

Meer oor:  Politiek  |  Risiko  |  Beleid  |  Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.