Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Politieke papbroeke veroorsaak werkloosheid’

Politieke waagmoed is nodig om die wyse waarop Suid-Afrika werk aan mense gee radikaal te verander.

Busi Mavuso, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa. Foto: BLSA

Busi Mavuso, uitvoerende hoof van die sakeorganisasie Business Leadership South Africa (BLSA), skryf in haar jongste nuusbrief dit lyk egter asof daar nie genoeg politieke dapperheid is om ’n eerlike gesprek oor indiensneming te hê nie.

Sy meen die logika van die argumente dat Suid-Afrika se streng arbeidswetgewing nie tot werkloosheid bydra nie, is verwronge. “Hoe hoër die koste van ’n produksie-inset, hoe minder gaan dit gebruik word, veral as daar plaasvervangers is.”

Die plaasvervangers is om met minder mense klaar te kom en hulle meer masjiene te gee om hul produktiwiteit te verhoog. Die syfers wys dit is wat oor die afgelope paar dekades gebeur het.

Mavuso beklemtoon dat lone wel deel van die koste is, maar nie die enigste koste nie. ’n Groot deel van die koste word deur regulering geskep. Werkgewers bestee baie aan arbeidsdispute wat by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of in die hof beland. Baie produksie gaan weens stakings verlore.

Baie werkgewers sit met onproduktiewe of selfs vernielsugtige werkers omdat dit te moeilik is om hulle af te dank. Met miljoene mense wat werkloos is, is ons arbeidsregulering ongelooflik bevooroordeeld teenoor dié wat reeds werk het. ’n Ekonomie wat onproduktiewe werkers vinnig teen ’n minimale koste kan vervang, sal een wees wat baie meer werkers in diens kan neem want die werkers sal meer produktief wees en die totale koste om hulle werk te gee sal laer wees, selfs as die lone hoog is, sê Mavuso.

Die werkendes het egter ’n magtige politieke magsblok geword terwyl die werkloses nie die hulpbronne het om hul eie belange te bevorder nie.

In reaksie op die afgelope week se skoknuus dat 2,2 miljoen werkgeleenthede in die tweede kwartaal verlore gegaan het, sê Mavuso dat Suid-Afrika nog altyd ’n werkloosheidskrisis gehad het. Die laagste werkloosheidskoers was in 2008 toe dit tot 22% gedaal het, maar dit is ’n syfer wat steeds as ’n krisis in baie ander lande beskou sal word.

Welsynstoelaes kan gebruik word om die armoede te beperk wat dié werkloosheid veroorsaak, maar dit kan nie swak beleid vervang wat in die eerste plek tot die werkloosheid bydra nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.