Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand val tot R19 teen sterk Britse pond
’n Dollar sou jou vroeg Donderdagoggend R14,42 kos.

Die Britse pond het sy spiere Woensdag behoorlik gebult, en die pas Donderdag volgehou.

Dit volg nadat die Britse parlement téén ’n plan gestem het om die Europese Unie sonder enige ooreenkoms te verlaat.

CNBC berig dat beleggers voel na dese daar is ’n goeie kans dat daar nie meer ’n “harde Brexit” gaan wees nie.

Die pond het met meer as 2% teenoor die dollar tot $1,33 verstewig.

Hy het ook sy spiere teenoor die rand gebult. Die rand was vroegoggend al teen R19,19 teenoor die pond, en het later effe herstel tot R19,13.

Die rand het vir die eerste keer sedert 12 Oktober op 7 Maart wéér deur die R19-vlak teenoor die pond gebreek.

Die euro het ook teenoor die rand verstewig. Die rand verhandel teen R16,34 teenoor die Europese geldeenheid.

Hoewel die pond die dollar onder druk geplaas het, het dit die rand geensins teenoor sy Amerikaanse eweknie gehelp nie. Die rand verhandel al van vroeg Donderdagoggend steeds teen rondom R14,42 teenoor die dollar.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 303,81 per fynons.
  • Platinum: $831 per ons.
  • Olie: $67,76 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 854,66
  • Ethereum: $131,49
Meer oor:  Rand  |  Dollar  |  Pond  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.