Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
PPE-geld vlieg blitsig van 1 bankrekening na 36

Benewens pryse wat kunsmatig met tussen 211% en 542% verhoog is, is ’n bedrag van byna R39 miljoen blitsig van een verskaffer se bankrekening in dié van twee ander entiteite oorbetaal.

En sommer dadelik daarna is die geld weer van daar af na minstens 36 ander entiteite oorbetaal.

PPE
Bedrog met tenders vir beskermende klere en maskers word deur die spesiale ondersoekeenheid ondersoek.

Dít is van die besonderhede wat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) blootgelê het in sy ondersoek na die kontrak wat die Gautengse departement van gesondheid verlede jaar met Ledla Structural Development beklink het.

Ledla was veronderstel om volgens ’n kontrak van R139 miljoen persoonlike beskermende toerusting (PPE) aan die departement te lewer.

R100 miljoen hiervan is vir die staat behoue omdat die kontrak betyds tersyde gestel is.

Adv. Andy Mothibi, hoof van die SOE, het Vrydag gesê die departement het geweet die SOE ondersoek die kontrak, maar tog het hy op 3 Augustus verlede jaar die bedrag van meer as R38,758 miljoen aan Ledla betaal. Van Ledla se bankrekening is van die geld blitsig na die ander entiteite versprei.

Die SOE het teen 6 Augustus die hulp van die Finansiële Inligtingsentrum ingeroep om ’n bedrag van R26,45 miljoen in die bankrekeninge van 39 entiteite te bevries. Die bevriesing was net tien dae geldig en die SOE moes vinnig spring om siviele regstappe te doen. Dié geld is meestal vir die staat teruggekry, maar vir sekere bedrae kon van die entiteite wel bewyse lewer dat dit regmatige betalings was.

Die SOE het wel ’n hofbevel teen die staatspensioenfonds om te keer dat Kabelo Lehloenya, voormalige finansiële hoof van die Gautengse departement van gesondheid, haar pensioengeld kry. Sy het bedank toe die debakel op die lappe gekom het.

Die hofbevel teen die uitbetaling van haar pensioengeld is hangende ’n siviele geding teen haar en nog ’n vorige amptenaar wat in Junie in die hof voorkom.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Soe  |  Ppe  |  Koronavirus  |  Tenderbedrog  |  Inperking  |  Spesiale Ondersoekeenheid  |  Tenders  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.