Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Pravin Gordhan óók aandadig aan BBP-bloedbad’

Die jongste syfers vir die bruto binnelandse produk (BBP) wys dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die eerste kwartaal van 2019 met 3,2% gekrimp het.

Mpiyakhe Dhlamimi

Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa in September 2018 ’n stimulus-pakket van R50 miljard aangekondig het én ná ’n dekade van stimulus-besteding wat gevolg het op die wêreldwye ekonomiese krisis van 2008.

Daarom moet ons nou vra of min. Pravin Gordhan, in die portefeulje van openbare ondernemings, se besluit om stimulus te kies bo besparing die regte een was.

Net in die eerste kwartaal van 2019 het ons ’n toename gesien in likwidasies, bankrotskappe en werkloosheid. Terselfdertyd het uitvoer met 26,4% verminder en vaste kapitaalvorming met 4,5% (die vyfde agtereenvolgende afname), wat beteken dat die beleggings wat nodig is vir toekomstige groei in reële terme krimp.

Ek dink nie dit is ’n oordrywing om te sê die land is besig om te de-industrialiseer nie. Dit word bewys daardeur dat vervaardiging die grootste bydrae gelewer het tot die daling in BBP (-1,1 persentasiepunte).

Die onbetroubaarheid van elektrisiteitstoevoer is net een van die probleme waarmee die regering ons opgesaal het.

Suid-Afrika ly op die oomblik onder die gevolge van vrot regeringsbesluite. En die bose tweeling van regeringsbesteding (wat tot hoë belasting lei) en oorregulering is skadelik vir die ekonomie.

Suid-Afrika het nog nie herstel van die resessie van 2009 nie.

Gordhan, toe minister van finansies, het ons toe geneem op ’n pad wat daartoe gelei het dat regeringskuld toegeneem het van 22,6% van die BBP tot die huidige 55,6%.

Gordhan sê hy hoop dat die SOE’s tot winsgewende ondernemings omskep kan word, maar toe die Eskom-direksie en bestuur probeer het om hul salarisuitgawes te beperk, het hy ingemeng.

Pleks daarvan om die ekonomie te beskerm teen die “nege vermorste jare”, het die plundery en ekonomiese stagnasie onder dié minister se neus gebeur.

Intussen het lande soos Estland herstel omdat hulle die harde, minder gewilde pad van fiskale besuiniging gekies het. Nou skep Estland werk en neem deel aan die vierde nywerheidsrevolusie eerder as om te probeer wegkruip agter sinlose retoriek.

Die Estlandse regering het sy staat se salarisrekening besnoei, terwyl Suid-Afrika se besteding toegeneem het – veral aan staatsamptenare.

Gevolglik het Estland se ekonomie in 2018 met 3,9% gegroei – die derde opeenvolgende jaar waarin hulle groeikoers meer as 3% was.

Daarteenoor het Suid-Afrika in 2018 met 0,8% gegroei. Die laaste keer wat ons groei van 3% gesien het, was in 2011.

Tussen 2008 en 2016 het ons teruggesak van die 82ste plek op die Fraser-instituut se wêreldindeks vir ekonomiese vryheid tot 110de.

Nou asof dit nie erg genoeg is nie, is daar steeds geen tekens van hervorming nie. Die regering bly verbind tot beleid soos onteiening sonder vergoeding in ’n omgewing waar private beleggings reeds daal.

En met Ramaphosa wat duidelik bly glo stimulus is die antwoord, is daar geen aanduiding dat enigeen in die regering die politieke wil het om besteding aan die staatsdiens en die staatsbeheerde maatskappye (SOE’s) te besnoei nie.

Gordhan sê hy hoop dat die SOE’s tot winsgewende ondernemings omskep kan word, maar toe die Eskom-direksie en bestuur probeer het om hul salarisuitgawes te beperk, het hy ingemeng.

Suid-Afrikaners se probleme sal nie ophou solank die private sektor gedemoniseer word en nie toegelaat word om die beste te doen wat dit kan nie.

Dié wat hoop dat Ramaphosa soos Margaret Thatcher die gety sal laat keer, moet daaraan herinner word dat James Callaghan en Harold Wilson dit nie kon regkry nie omdat die Arbeidersparty verbind was tot die vakbonde.

Dit is veelseggend dat net drie sektore in hierdie kwartaal gegroei het. Een daarvan is die staat, wat ’n bykomende 0,2% tot die BBP bygedra het.

Die blote feit dat die regering ingesluit is in die groeisyfers is bedenklik. Die regering kan net groei ten koste van elke ander deel van die ekonomie, want die regering groei net deur belasting te vat.

As die regering ’n sektor van die ekonomie is, is dit ’n sektor wat met ’n rewolwer teen die res se kop groei, wat voordeel trek uit gedrag wat onwettig sou wees as enigeen anders dit gedoen het.

Die regering is die oorsaak van baie van ons probleme en baie van die vrot besluite spruit uit die besluit om die fiskale versigtigheid van pres. Thabo Mbeki en min. Trevor Manuel by die venster uit te gooi.

Suid-Afrikaners se probleme sal nie ophou solank die private sektor gedemoniseer word en nie toegelaat word om die beste te doen wat dit kan nie.

  • Mpiyakhe Dhlamini is ’n navorser by die Vryemarkstigting.
BBP
'n Blik op die verskillende sektore en hul onderlinge bedrywe in die eerste kwartaal.
Meer oor:  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Bbp  |  Bbp1901
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.