Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Produksie van kos, drank spring 7%

Julie se vervaardigingsyfers is effens beter as verwag nadat die produksie van kos en drank op ’n jaargrondslag met 7% gestyg het.

Net die vervaardiging van suiwelprodukte het in Julie met 13% gestyg. Foto: Max Rubner-instituut

Dit het die daling in vervaardiging tot 1,1% beperk – heelwat beter as die jaar-tot-jaar-daling van 3,6% in Junie.

Ontleders het verwag vervaardiging sou met 1,5% inkrimp in Julie.

Die goeie produksiesyfers vir kos en drank het die algehele syfer met 1,9 persentasiepunte help lig. Net die vervaardiging van suiwelprodukte het met 13% gestyg. Die produksie van drank het 9,7% gestyg.

Die vervaardiging van motors en onderdele was 7,6% hoër. Dié bydrae het die algehele syfer met 0,6 persentasiepunt gelig.

Die rand het net onder R14,70 teenoor die dollar bly verhandel nadat dié syfers Dinsdag bekend gemaak is.

Die rand het reeds vroeër die oggend tot R14,67 versterk nadat dit op R14,76 teenoor die dollar geopen het.

Siobhan Redford, ekonoom van RMB Global Markets, het Dinsdagoggend in ’n nuusbrief geskryf die fokus plaaslik sal op die Julie-vervaardigingsyfers wees. Volgens haar het ontleders ’n inkrimping van 1,5% op ’n jaargrondslag verwag, ’n aansienlike verbetering van die Junie-inkrimping.

FXTM het in sy nuusbrief gesê beleggers wag op dié syfers omdat dit ’n vars blik op die stand van die ekonomie kan gee. Swakker as verwagte syfers sou die rand na verwagting laat verswak het, maar FXTM het verwag dat so ’n verswakking beperk sal wees gegewe optimiste oor die handelsoorlog tussen die VSA en China en vanweë markbespiegeling dat die Amerikaanse Federale Reserweraad rentekoerse vandeesmaand gaan verlaag.

Dit laat beleggers se aptyt vir meer riskante bates wêreldwyd opvlam.

Volgens TreasuryOne beweeg wisselkoerse internasionaal tans meestal sywaarts omdat beleggers wag op die Europese Sentrale Bank se vergadering Woensdag. Dit sal na verwagting die grootste invloed vandeesweek op die mark hê.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Produksie  |  Rand  |  Dollar  |  Vervaardigingsyfers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.