Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
PwC: Nuwe koronavirus kan SA ekonomie erg knou
Chinese met gesigmaskers om hulle teen die moontlike koronavirus-infeksie te beskerm.Foto: Reuters

Daar mag dalk (nog) geen gevalle van die Covid-19-virus in Suid-Afrika wees nie, maar die voorkoms daarvan elders in die wêreld kan steeds ’n beduidende uitwerking op die ekonomie hier hê, meen die ouditfirma PwC.

Die firma sê Donderdag in ’n verslag, wat spesifiek op dié kwessie fokus, dat vele aspekte van die plaaslike ekonomie daaronder kan ly.

Een van die beduidendste gevolge kan wees dat baie minder Chinese toeriste die land besoek. Luidens PwC kan dit beteken die plaaslike toerismesektor kan vanjaar tot soveel as R200 miljoen minder verdien. Dít kan weer tot die verlies aan soveel as 1 000 werkgeleenthede in die bedryf lei.

PwC waarsku ook dat met dié dat China Suid-Afrika se grootste handelsvennoot is, sal ’n inkrimping in ekonomiese groei in China waarskynlik ook na Suid-Afrika oorspoel.

Die vooruitsig vroeër was dat die Chinese ekonomie in 2020 met 5,9% sou groei. Indien die virus-uitbreking vinnig in bedwang gekry kan word, is die verwagting nou dat groei in dié land tot 5,7% kan daal.

Indien dit egter eers teen die middel van die jaar in bedwang gekry kan word, kan die groei vir vanjaar tot 5% daal.

PwC wys daarop dat luidens die Internasionale Monetêre Fonds sal elke persentasiepunt waarmee die Chinese ekonomie krimp, die Suid-Afrikaanse ekonomie met 0,2 persentasiepunte kan krimp; dus met dubbeld soveel.

Verreweg die meeste gevalle van die virus kom in China voor.

Meer oor:  Pwc  |  Koronavirus  |  Toerisme  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.