Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
R15 per dollar gaan sit soos klitsgras

Ontleders is versigtig optimisties dat die ergste storm vir die rand verby is, maar of dit gou weer onder R15 per dollar gaan versterk, is ’n ope vraag.

Die rand bevind hom in ’n perfekte storm. Foto: Elvira Wood

Die geldeenheid het Vrydagoggend tot selfs R15,19 teenoor die dollar herstel nadat dit dié week sy swakste vlak in elf maande getref het. Die rand het Maandag intradag selfs R15,46 getref.

Reezwana Sumad, ’n Nedbank-ontleder, sê die wêreld se finansiële markte “bly oorgelewer aan die nuutste opskrif of twiet”: “Die VSA-China-handelsoorlogdrama, wat onverpoosd voortduur, was die katalisator vir verskeie kortstondige markbewegings die afgelope ruk.”

Sy sê uit ’n tegniese oogpunt is R15 ’n belangrike vlak vir die rand. Eers as die rand weer onder R15 kan kom en daar kan bly, sal dit betekenisvol kan versterk.

Sy verwag dat die rand Vrydag tussen R15,05 en R15,35 per dollar sal verhandel.

Bianca Botes van Peregrine Treasury Solutions beskou die rand as oorverkoop. “Gegewe die stand van die wêreldomgewing en die voortgesette afverkoping van ontluikende lande se bates, moenie nou al gereed maak vir herstel nie.”

Botes sê die trae wêreld- ekonomiese groei en geopolitieke spanning, tesame met die swak plaaslike ekonomie, het ’n “perfekte storm” vir die rand geskep.

Die feit dat beleggers alom verwag dat Moody’s Investors Service staatskuld later vanjaar tot rommel gaan afgradeer, plaas bykomende druk op die rand. Buitelandse beleggers verkoop op die oomblik nagenoeg R2 miljard se staatseffekte per dag.

Die netto uitvloei van kapitaal van buitelandse beleggers uit staatseffekte beloop nou R14,4 miljard vir die eerste twee weke van Augustus.

Botes verwag dat die rand volgende week ook betreklik wisselvallig sal bly. Sy voorspel ’n band van tussen R15,10 en R15,48.

Die goudprys het Vrydagoggend effens gedaal, maar was steeds stewig op $1 514,24 per fynons.

Brent-ruolie het onder $60 per vat gebly op $58,98 per vat.

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Goudprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.