Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
R50 mjd. se taks verlore aan staatskaping

Enigiets tussen R30 miljard en R50 miljard se belastinginkomste is verbeur weens die korrupsie en staatskaping by staatsondernemings.

Van links is Thuto Shomang, waarnemende direkteur-generaal van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Phumulo Masualle, adjunkminister van openbare ondernemings, by die mediakonferensie voor die begrotingsposdebat oor openbare ondernemings. Foto: Francois Williams

By Transnet het die lokomotiefkontrak die staat tussen R7 miljard en R8 miljard gekos. Miljoene rande is ook verloor by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) en ander instellings, het Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Donderdagmiddag voor sy begrotingsposdebat gesê.

Staatsondernemings se direksies moet kan verstaan hoe om verantwoordbaarheid en korporatiewe bestuur te verbeter, sê Gordhan.

Die departement van openbare ondernemings was een van die sleutelsentra vir staatskaping, verduidelik Gordhan. Daarom moet die departement self oor die volgende ses tot nege maande kundigheid opbou oor wat in staatsondernemings gebeur en om direksies oor hul vertoning verantwoordbaar te hou.

Transnet gaan deur groeiende proteksionisme in wêreldhandel geraak word. Die handelspatrone gaan verander, wat ’n invloed het op hoe vraghouers vervoer word en die skeepsroetes wat gevolg word. Eskom gaan deur transformasie in die energiesektor geraak word, tesame met sy verdeling in drie verskillende entiteite.

Elk van die staatsondernemings sal aan Gordhan verslag moet doen oor wat hulle gaan doen om finansieel volhoubaar te word. Daar is al dikwels gesê hulle kan nie meer die staatskas as spaarvarkie gebruik nie.

Daar is talle klagtes oor hoë tariewe, maar in Eskom se geval is die tariewe nodig om sy geldsake te verbeter, sê Gordhan. Die aanstel van ’n herstruktureringshoof by Eskom word nog bespreek.

Daar is verder heelparty vakatures op die onderskeie direksies van die staatsondernemings. By Eskom alleen is daar drie vakatures wat gevul moet word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.