Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Kan ongelykheid SA tot volslae rommel laat val?
A cashier counts rand banknotes at the check out c
Suid-Afrika is een van die ongelykste lande wat inkomste betref. Foto: Getty Images

Al het Suid-Afrika gemeet aan die Gini-indeks steeds die meeste ongelykheid ter wêreld, het die inkomste-ongelykheid nie noodwendig ’n regstreekse invloed op ’n land se kredietgradering nie.

Dít is die gevolgtrekking uit ’n navorsingsverslag van die kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service.

Inkomste-ongelykheid is verwant aan politieke risiko, laer groei en in sommige gevalle swakker instellings, maar dis nie ’n differensiërende faktor vir kredietgraderings nie, sê Gabriel Torres, senior kredietbeampte van Moody’s en skrywer van die verslag.

Van die kernpunte uit die verslag:

  • Suid-Afrika het steeds die hoogste inkomste-ongelykheid in die wêreld, met ’n Gini-indeks van 63 in 2014, en ongelykheid het in die afgelope dekade toegeneem terwyl ongelykheid in ander opkomende markte meestal afgeneem het;
  • Suid-Afrika se trae groei is grootliks weens plaaslike knelpunte, wat ’n lang geskiedenis van politieke spanning insluit. Die politieke spanning is self deels ’n gevolg van hoë vlakke van ongelykheid.
  • Daar is ook strukturele onbuigsaamhede wat die sakesektor se bereidwilligheid om te belê ondermyn. ’n Gevolg van die strukturele probleme – hoë vlakke van werkloosheid en armoede – is dat dit ongelykheid verder aanvuur, menslike kapitaal verminder en die produktiewe basis van die land verswak.

Hoewel hoër inkomste-ongelykheid breedweg met laer kredietgraderings geassosieer word, wat betref die lande wat Moody’s gradeer, is dit nie ’n sleutelfaktor in graderings nie.

In sommige lande vererger stygende inkomste-ongelykheid eerder breër krediet-uitdagings wat uit wydlopende maatskaplike spanning en politieke risiko, swakker groei en swak instellings spruit.

Inkomste-ongelykheid is die meeste in Latyns-Amerika, Afrika suid van die Sahara en Indië.

ongelykheid, ekonomie

Moody’s se jongste beskikbare inligting oor inkomste-ongelykheid wys Suid-Afrika is saam met Namibië, Botswana, Zambië, Mosambiek, Indië, Brasilië, Colombië en Honduras die enigste lande in die wêreld met ’n telling van meer as 50 in die Gini-indeks. Daar is egter heelparty lande in Afrika, die Midde-Ooste en Suidoos-Asië waarvoor daar nie inligting beskikbaar is nie.

Inkomste-ongelykheid verskil wyd tussen lande weens verskeie redes soos langtermyntendense oor honderde jare, die invloed van tegnologie, globalisering en beleidskeuses, sê Torres.

Amerika uitgesluit, het gevorderde ekonomieë gewoonlik meer gelyke inkomsteverspreiding as opkomende markte.

Oos-Europese lande is die enigste groep binne die opkomende markte met volgehoue lae vlakke van ongelykheid, wat Torres toeskryf aan dekades van kommunistiese regering wat gelyke inkomsteverspreiding afgedwing het.

Moody’s het gesteun op die Wêreldbank se Gini-indeks, wat op ’n skaal van 0 tot 100 meet hoe ’n gegewe land se inkomste-verspreiding van ’n volledig gelyke verspreiding verskil.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.