Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Radebe, Hanekom sit ook nou hand by met beleggers
Jeff RadebeFoto: Elvira Wood

Pres. Cyril Ramaphosa het drie nuwe afgevaardigdes aangestel om hom te help om $100 miljard se beleggings na die land te lok.

Jeff Radebe, voormalige minister van energie, is aangestel om beleggings in die olie- en gassektor te lok, terwyl Derek Hanekom, voormalige minister van toerisme, ook op dié sektor sal fokus.

Die presidensie het dié aanstellings Maandagaand in ’n verklaring aangekondig.

Elizabeth Thabethe, die huidige adjunkminister van toerisme, sal vir Hanekom bystaan.

’n Beleggingsberaad word Dinsdag in Sandton gehou. Dit duur tot Donderdag.

Die beraad is juis daarop gemik om nog beleggers na die land te lok.

Ramaphosa het ook ’n kantoor wat op beleggings en infrastruktuur sal fokus, gestig.

Kgosientso Ramokgopa, voormalige LUR vir ekonomiese ontwikkeling in Gauteng, sal aan die hoof hiervan staan.

– Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.