Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ramaphosa begin praat oor planne vir ekonomie
Pres. Cyril Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week dele van ’n pakket wat ten doel het om die ekonomie weer aan die groei te kry, met sake- en arbeidsleiers gedeel.

Die stappe, wat reeds deur die kabinet aanvaar is, “sal die vertroue in sektore skep waar tans beleidsonsekerheid is. Dit sal die mynbou-, telekommunikasie-, toerisme- en vervoersektore dek,” het die presidensie Sondag in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring sal die plan “staatsbesteding fokus op aktiwiteite wat die ekonomie sal stimuleer”. Die presidensie sê dié besteding sal steeds binne die bestaande fiskale raamwerk wees.

Die volledige pakket sal na verwagting as deel van Nhlanhla Nene, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsrede, aangekondig word.

Wat beleid vir die mynbousektor betref, het Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, op 14 September gesê hy gaan die jongste weergawe van die Mynbouhandves reeds Maandag vir Ramaphosa gee waarna dit aan die kabinet voorgelê sal word.

Nene het op 13 September op die kredietgradeerder Moody’s Investor Service se konferensie in Sandton gesê dié dokument sal binnekort gefinaliseer word.

– Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.