Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ramaphosa en kie slaggereed vir Davos
Adj.pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Gallo Images

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in Switserland aangekom vir die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse spitsberaad, wat van Dinsdag tot Vrydag in Davos gehou word.

In ’n verklaring deur die presidensie word daar verwys na die stappe wat aangekondig is om die beheer en bestuur van staatsondernemings te verbeter “as deel van ’n breër poging om vertroue in die ekonomie te herstel”.

Eskom het die naweek ’n nuwe direksie onder die leiding van Jabu Mabuza as voorsitter gekry nadat senior Eskom-bestuurders ’n brief aan Ramaphosa geskryf het oor probleme by die nutsmaatskappy. Daar is wyd berig dat Ramaphosa Eskom wou regruk voordat hy na Davos vertrek, veral gegewe dat Eskom dringend finansiering moet bekom om sy bedryfsuitgawes te kan betaal.

Luidens die presidensie sal die Suid-Afrikaanse span onder leiding van Ramaphosa “die geleentheid wat die WEF bied, gebruik om die boodskap te bring dat Suid-Afrika oop bly vir sake en om die werk te beklemtoon wat die regering saam met die sake- en arbeidsektor doen om ’n verbeterde ekonomiese vooruitsig te verseker en ’n hoër ekonomiesegroeitrajek te vertroetel”.

“Die afvaardiging sal ook herbeklemtoon dat Suid-Afrika ’n stabiele en voorspelbare makro-ekonomiese raamwerk het wat ekonomiese beleid aanhou ondersteun, wat verseker dat die land aantreklik vir investering bly.

“Die span sal ook klem lê op planne om die ekonomie te transformeer om te verseker dat sy burgers nuwe werk en voordele kan betree uit die nuwe investering wat in samewerking met die sake- en arbeidsektor gelok word.”

Ramaphosa word van Malusi Gigaba, minister van finansies, vergesel, asook Jeff Radebe, minister in die presidensie vir beplanning, monitering en evaluering, Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Nkosinathi Nhleko, minister van openbare werke, en Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Meer oor:  Cyril Rama­Phosa  |  Switserland  |  Davos  |  Wef  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.