Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Ramaphosa: IMF moet meer geld vir Afrika gee

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) moet meer geld aan Afrika beskikbaar stel vir sy herstel, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Ramaphosa het op die Katarse Ekonomiese Forum ontwikkelde lande aangemoedig om met Afrika se herstel te help deur meer reserwes van die IMF toe te ken aan lande op die vasteland as die $33 miljard wat reeds toegeken is.

Die virtuele byeenkoms wat deur Bloomberg bemark word, duur drie dae.

Ramaphosa het in ’n onderhoud gesê Afrika benodig meer finansiële ondersteuning om die uitwerking van die pandemie teen te werk.

“Ons het meer nodig omdat ons ekonomieë baie ondersteuning nodig gaan hê en dit bloot regverdig is,” sê Ramaphosa. “Die vasteland het baie goeie groei getoon en moet nou die soort ondersteuning ontvang sodat almal uit die insinking kan kom wat deur die pandemie veroorsaak is.”

Volgens Reuters het Ramaphosa op die openingsgeleentheid internasionale farmaseutiese reuse oor hul “selfsugtige en onregverdige” entstofbeleid gekritiseer.

Hy sê die selfsugtige en onregverdige weiering van dié maatskappye om kwytskelding van patentreg te gee op entstof vir noodgebruik, stel die hele wêreld in gevaar.

Dit was in kritiek op die verset teen Indië en Suid-Afrika se pogings om tydelike opskorting van patentreg op die entstowwe te kry.

“Ons word deur ’n noodsituasie in die gesig gestaar wat die hele wêreld raak terwyl daar sommige lande is wat weier om van hierdie bepaling afstand te doen.”

Hy sê al waarvoor gevra word, is ’n tydperk van drie jaar om die lande in staat te stel om die entstowwe te vervaardig.

Rwanda se pres. Paul Kagame sê Afrikalande probeer vennote vind om entstowwe op die vasteland te begin vervaardig.

Later Maandag gaan Ramaphosa en Emmanuel Macron, president van Frankryk, ’n aankondiging doen oor die oprigting van Afrika se eerste entstof-aanleg wat mRNA-entstowwe sal kan vervaardig. – Bloomberg, Reuters

Meer oor:  Imf  |  Afrika  |  Covid-19  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.