
Die rand het met 10c tot R13,91 teenoor die dollar verstewig.Foto: Elvira Wood
Die rand het kort ná die aankondiging dat die Reserwebank rentekoerse verlaag het met 10c teenoor die dollar verstewig.
Die rand het om 16:00 teen R13,91 teenoor die dollar verhandel.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Donderdagmiddag aangekondig die sentrale bank verlaag sy repokoers met 0,25 van ’n persentasiepunt, van 6,75% tot 6,5%.
Dit beteken banke se prima rentekoers verander van 10,25% tot 10%.
Die rand het ook teenoor ander geldeenhede verstewig. Dit verhandel Donderdagmiddag teen R15,63 teenoor die euro en R17,39 teenoor die Britse pond.