Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand baklei terug tot R14,07
Die rand is op R14,32 teenoor die dollar.

Nadat die rand Maandag behoorlik deurgeloop het weens onsekerheid oor ontluikende lande se geldeenhede, het hy Dinsdag ietwat sterker vertoon.

Die rand het vroegoggend die dag op R14,49 teenoor die dollar afgeskop, maar het teen 10:30 tot R14,07 verstewig.

John Cairns en Kim Silberman van Rand Merchant Bank skryf in ’n nota dat naas die Turkse lira, die rand die geldeenheid is wat die afgelope week die tweede swakste op valutamarkte presteer het.

Cairns en Silberman meen die rand se swak prestasie – waar hy met 7,5% verswak het – is nie in verhouding met sy eweknieë nie.

Die Argentynse peso het met 5,4%, die Mexikaanse peso met 3,75% en die Brasiliaanse real met net 2,3% verswak.

Cairns en Silberman waarsku dat die rand waarskynlik steeds gaan sukkel om die Turkse griep af te skud.

“Dit gaan belangrik wees om stappe deur die Turkse owerhede om die lira te stabiliseer dop te hou.

“Die stappe wat hulle sedert Vrydag gedoen het, het gehelp om die lira teen Maandag te stabiliseer.

“Die Turkse owerhede is na bewering nie lus om sterker medisyne, wat spesifiek hoër rentekoerse insluit, te neem nie,” waarsku hulle.

Die rand het weer veld teenoor die Britse pond en die euro gewen.

Teen 10:30 het die rand teen R18,00 teenoor die pond en R16,06 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake vroeg Dinsdagoggend só:

  • Goud: $1 195 per fynons
  • Platinum: $805 per fynons
  • Olie: $73,23 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $6 030,64
  • Ethereum: $270,16
Meer oor:  Turkye  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.