Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand begin op vals noot, verswak verby R14,80

Die rand het Maandagoggend deur die R14,80-kerf verswak wat as een van die tegniese vlakke beskou word van waar hy verder kan verswak.

Die rand is dalk op pad na R15 per dollar. Foto: Elvira Wood

Bianca Botes, ’n vennoot van Peregrine Treasury Solutions, het in ’n verklaring gesê dit lyk asof daar geen einde in sig is vir die ellende van die rand-wisselkoers teen die dollar nie.

Volgens haar hou die jongste pyn wat die wisselkoers ervaar, verband met jongste vuurwerke in die handelsoorlog tussen Amerika en China.

Volgens haar het die rand die dag begin op R14,85 teen die dollar met min weerstand tussen dié vlak en die R15-kerf. Teen 10:00 het die rand volgens Iress se data reeds amper 16c of meer as 1,1% tot R14,91 teen die dollar verswak, wat ’n betreklik groot beweging is.

Dit beteken die rand het die afgelope week van verlede Maandag se opening van R14,26 met 4,5% verswak.

Ook Nema Ramkhelawan-Bhana, hoof van RMB se navorsingspan, het in ’n nuusbrief Maandagoggend gesê ’n minsame oplossing vir die spanning tussen Amerika en China oor handelsake begin nou onwerklik lyk.

Sy het gesê vir eers lyk dinge nie goed vir riskante bates nie (waarvan opkomende markte en hul wisselkoerse deel is).

LEES OOK: Trump verskerp handelsoorlog: iPhones ook in visier

Sy het gesê Augustus is tot dusver nie ’n goeie maand vir die rand nie wat dreigend naby R15 teen die dollar is.

Volgens haar is baie van die onlangse verswakking toe te skryf aan die hernude risikovermyding wat verlede week ontstaan het omdat 11 van die 24 geldeenhede van opkomende markte wat Bloomberg dophou, verswak het.

Volgens haar is daar egter steeds ’n mate van wisselvalligheid in die rand se wisselkoers wat met plaaslike nuus te doen het, al is die nuus oor Eskom reeds ingeprys.

Tebogo Mekgwe van RMB het ook in die nuusbrief gesê die rand is aan die voorpunt van die verswakking wat onder opkomende markte se geldeenhede gesien is.

Volgens Mekgwe het die Chinese juan vir die eerste keer in meer as tien jaar tot bo sewe teen die Amerikaanse dollar verswak.

Dit word as ’n sielkundige vlak beskou wat as ’n verlies in vertroue onder beleggers in die uitgerekte handelsgesprekke tussen die twee lande beskou word.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Fed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.