Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand: Beleggers hou staatskuld dop

Nuus oor die begrotingstekort en staatskuld gaan Woensdag deur beleggers dopgehou word en kan ’n impak op die rand hê as dit beter of swakker as verwagting is.

Siobhan Redford, ’n ekonoom van RMB, sê die begroting kan die reeds wisselvallige rand laat versterk óf verswak.

’n Dollar sou jou vroeg Dinsdagoggend R14,64 kos.

Die tekort aan inkomste gaan na verwagting kleiner wees as wat met die mediumtermynbegroting in Oktober verwag is, wat positief gaan wees.

Van die ander dinge wat beleggers gaan dophou – internasionaal en plaaslik – is die regering se bestedingsyfers en of hy gehou het by sy planne om sy uitgawes in toom te hou.

Die begrotingstekort en watter rigting die verhouding van die staatskuld tot die bruto binnelandse produk (BBP) inslaan, gaan ook dopgehou word.

“Dit is onwaarskynlik dat ons ’n stabilisering in die verhouding van skuld tot die BBP op mediumtermyn gaan beleef, ten spyte van die beter as verwagte finansiële jaar vir die staat. Dus sal die volhoubaarheid van staatskuld ’n bron van kommer vir binnelandse en buitelandse beleggers bly.”

John Cairns, kliëntestrateeg van RMB, glo die fokus gaan hoofsaaklik op die begrotingstekort wees. Hulle verwag dit gaan beter as verwagting wees.

Hy sê daar is onsekerheid hoeveel van die nuus oor ’n moontlike kleiner begrotingstekort wat kom, reeds in die rand ingeprys is.

Annabel Bishop, ekonoom van Investec Bank, sê die rand het die maand tot dusver ’n gemiddelde wisselkoers van R14,98 teenoor die dollar gehad.

Volgens haar neig die rand egter swakker terug na R15.

Die duidelike uitbundigheid oor riskanter bates wat twee weke gelede geheers het, het verlede week afgeneem.

Sy sê die rand se versterking onlangs is ook veroorsaak deur die hoop op beter planne vir fiskale konsolidasie (hoe die begrotingstekort gekrimp gaan word) wat in die begroting bekend gemaak gaan word. “Maar dit is onwaarskynlik dat dit wesenlik gaan wees en maak dit moontlik dat ’n teleurstelling vir beleggers voorlê.”

Volgens haar het buitelandse beleggers sedert 11 Februarie R20 miljard se staatskuld verkoop, waarvan die grootste deel van 16 Februarie af plaasgevind het.

Bishop verwag nie die begroting gaan toon dat die staat sy gordel stywer ingetrek het as wat by die mediumtermynbegroting in Oktober gesê is nie.

Die omvang van die land se staatskuld is een van die maatstawwe vir die land se waargenome kredietwaardigheid en wat kredietgraderingsagentskappe oor die kredietgradering van die land besluit.

“Tensy die begroting beleggers van wesenlike anderse inligting verskaf, gaan die rand onder druk bly.”

Die rand het Maandag teen 19:00 met 6c of 0,4% van R14,64 met sy vorige sluiting tot R14,70 verswak, maar het Dinsdagoggend vroeg weer teen R14,64 verhandel.

k
Meer oor:  Rand  |  Staatskuld  |  Markte  |  Dollar  |  Begroting2021  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.