Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand teen die toue - tref R15,18 teenoor dollar

Die rand het Woensdagmiddag laat erg verswak en het selfs R15,18 teenoor die dollar getref, volgens Bloomberg-data. 

A vendor counts out rand banknotes while working i
Die rand het weer net-net aan R15 teen die dollar geraak in verhandeling oornag. Foto: Getty Images

Daarna het dit ’n paar sent veld gewen, maar teen 17:15 kon dit nog nie weer tot onder R15 deurgebreek nie.

Woensdag was slegs die tweede dag in byna twee maande dat ’n dollar meer as R15 gekos het.

Bianca Botes, ’n vennoot by Peregrine Treasury Solutions, skryf die verswakking van die rand toe aan pres. Donald Trump se druk op die Federale Reserweraad (Fed) om Amerikaanse rentekoerse vinniger en skerper te verlaag.

Al vier die voormalige Fed-voorsitters wat nog leef, het die onafhanklikheid van die sentrale bank bepleit in ’n artikel in The Wall Street Journal.

“Onsekere beleggers draai na veiligehawe-bates, en ontluikende lande se geldeenhede word die swaarste getref deur die afkeer in risiko.”

Die debat oor die Fed kom ook te midde van ’n woordewisseling tussen die Trump-administrasie en China in die handelsoorlog tussen die twee lande.

Botes sê R15,12 was ’n tegniese steunvlak.Die feit dat dit oortref is, voorspel niks goeds vir die rand nie.

Nema Ramkhelawan-Bhana, hoof van RMB Global Research, het die oggend gesê die kombinasie van plaaslike en internasionale faktore beteken die aptyt vir Suid-Afrikaanse bates gaan flou bly. Volgens haar het die staatseffekte wat nasionale tesourie Dinsdag uitgereik het, flou deelname gekry.

“Dit toon waarskynlik die wyer angs onder beleggers.”

Plaaslik het verskeie ontleders en sakeliggaam die afgelope paar dae kommer uitgespreek oor die regering se gebrek aan ’n regrukplan vir Eskom, wat die land se geldsake in gedrang plaas.

Daar is ook al hoe groter vrees dat Suid-Afrika tot volslae rommelstatus afgegradeer gaan word. Moody’s Investors Service, die enigste groot kredietgradeerder wat Suid-Afrika nog op beleggingsgraad gradeer, het die afgelope weke herhaaldelik gewaarsku dat die reddingsboei van R59 miljard oor twee jaar aan Eskom probleme skep.

Fitch Ratings het voorverlede week besluit om die vooruitsig vir die land se kredietgradering in negatief te verander, wat ’n naderende afgradering impliseer. Fitch  en Standard & Poor’s Global Ratings gradeer staatskuld reeds onder beleggingsgraad.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Markte  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.