Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand bly besluiteloos
’n Dollar sou jou Donderdagoggend R14,39 kos. Foto: Elvira Wood

Nie eens pres. Cyril Ramaphosa se onbestrede verkiesing tot president in die Nasionale Vergadering kon Woensdag die rand laat glimlag nie.

Die geldeenheid verhandel al die heel week teen om en by R14,40, ongeag plaaslike én internasionale gebeure.

Dié week is ’n belangrike week vir Suid-Afrika, nie net wat die politiek en die inhuldiging van Ramphosa Saterdag in Pretoria as president betref nie, maar ook die Reserwebank se besluit Donderdag oor rentekoerse en die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Services se besluit Vrydagaand oor die land se kredietgradering.

Internasionaal is daar steeds kommer oor wat die invloed van die handelsoorlog tussen die VSA en China op wêreldmarkte gaan wees.

Tog het die rand, net soos elke dag dié week, nie veel verander nie en het hy vroeg Donderdagoggend teen R14,39 teenoor die dollar verhandel. Die rand het teen R18,19 teenoor die Britse pond en R16,04 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 273,62 per fynons
  • Platinum: $801 per ons
  • Olie: $70,40 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $7 630,02/R117 001
  • Ethereum: $238,91/R3 700

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.