Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand bly bestendig
’n Dollar sou jou Woensdagoggend R13,94 kos. Foto: Elvira Wood

Die dollar mag dalk op die sterkste vlak in weke wees, maar die rand bly onder die R14-vlak teenoor sy Amerikaanse eweknie.

Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R13,94 teenoor die dollar verhandel.

Reuters berig die dollar het Dinsdag wêreldwyd teenoor verskeie geldeenhede verstewig nadat die Amerikaanse regering ’n besluit aangekondig het wat die hoeveelheid geld wat dié land die volgende twee jaar gaan leen vir staatsuitgawes. gaan beperk.

Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R17,34 teenoor die Britse pond en R15,54 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 420,60 per fynons
  • Platinum: $858 per ons
  • Olie: $63,97 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $9 633,34/R146 100
  • Ethereum: $204,56/R3 094

Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.