Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Moody's, Naspers laat rand weer tuimel
Die rand is op R14,65 teenoor die dollar.

Die rand het Woensdagmiddag tot R14,65 teenoor die dollar teruggesak nadat dit dag op R14,24 afgeskop het.

Die rand was Woensdag reeds wisselvallig na die Turkse regering aangekondig het hy gaan invoertariewe op sekere Amerikaanse produkte instel.

Die nuus dat Moody's voorspel die pas waarteen Suid-Afrika se fiskale konsolidasie gaan plaasvind, gaan stadiger wees as wat die staat voorspel, het net sout in die geldeenheid se wonde gevryf.

Boonop het Naspers, die grootste genoteerde maatskappy op die JSE in terme van markwaarde, teen 14:15 met meer as 7% tot R3 090,85 teruggesak. Dit volg nadat die Chinese tegnologiemaatskappy Tencent, waarin Naspers 'n belang van 31% besit, se verdienste beduidend laer was as verwag.

Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec, verduidelik dat die rand baie wisselvallig is deels weens die gebeure wat in Turkye afspeel, maar ook omdat daar relatief gesproke op die oomblik nie baie handel gedryf word met die rand nie.

Bishop, sê hoewel die wisselvallige rand die afgelope week mense bekommerd kan maak dat die Reserwebank dalk die rentekoers kan verhoog, dink sy nie dit gaan gebeur nie.

“As daar nie ’n voldoende hoeveelheid aktiwiteit is om groot bewegings te verwater nie, kan die plaaslike geldeenheid uiterste bewegings sien.”

Sy sê die Reserwebank het oor die jare bewys dat hy nie op korttermynwisselvalligheid van die rand reageer deur die rentekoers te verhoog nie.

Bishop sê dit lyk dus steeds goed dat die Reserwebank by sy voorneme gaan bly om nie weer vanjaar die rentekoers te verhoog nie. Die Reserwebank sal egter, soos gewoonlik, alle data monitor, veral die uitwerking van die swakker rand op die inflasiekoers.

Die rand het Woensdag teen R18,55 teenoor die pond en R16,53 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake Woensdagmiddag só:

  • Goud: $1 186 per fynons
  • Platinum: $778 per fynons
  • Olie: $71,92 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $6 334,72
  • Ethereum: $286,94
Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.