Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand breek 1ste keer sedert 2019 deur R14

Die rand het Maandagoggend deur R14 per dollar gebreek, vir die eerste keer sedert Desember 2019.

Die rand het van die opening van R14,09 af in die oggend tot R13,96 versterk.

Nedbank het in ’n nuusbrief gesê daar is talle redes vir die sterk rand.

Dit sluit in:

  • Die sterk aptyt vir risiko internasionaal;
  • Die swakker Amerikaanse dollar;
  • Die goeie vertoning van hulpbronpryse;
  • Beter as verwagte plaaslike fiskale uitkomste; en
  • Die “bemoedigende tekens dat die regerende party begin stappe doen teen korrupsie in sy geledere”.

Siobhan Redford, ekonoom van RMB, het in ’n nuusbrief vroegoggend voorspel die rand gaan dalk deur die R14 per dollar breek.

Die rand was in Maart nog R15,50.

“Die rand, wat een van die beste vertoners vanjaar onder opkomende markte se geldeenhede is, wil nou deur R14 teen die dollar breek – ’n vlak wat laas in Desember 2019 gesien is.”

Volgens Redford het die rand van die begin van die jaar af met 4,4% teen die dollar versterk.

“Deel van die randsterkte lê in die sterk vraag na hulpbronne (en die gevolglike prysstygings).”

Koper het vanjaar selfs beter gevaar as olie, met die styging van die begin van die jaar af op 39%, gevolg deur die prys van ystererts wat meer as 27% gestyg het, terwyl ander metale minstens 10% gestyg het.

Die enigste agteros is goud, wat vanjaar geval het. Dis egter nie verrassend nie omdat die ekonomiese vooruitsig verbeter het, wat bates wat as ’n veilige hawe beskou word, minder aantreklik maak.

Redford sê die enigste onsekerheid oor die ekonomiese herstel wat beleggers voorsien, is hoe vinnig en in watter mate.

Die geldeenheid het in die eerste week van Maart nog bo R15,50 per dollar verhandel.

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Jse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.