Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand breek deur R14/$
ie rand het Vrydagmiddag sy swakste vlak vanjaar teenoor die dollar bereik. Foto: Elvira Wood

Die rand het Vrydagmiddag sy swakste vlak vanjaar teenoor die dollar bereik en deur die simboliese vlak van R14/$ gebreek.

Die geldeenheid het Vrydag teen 15:345 teen R14,13/$ verhandel.

Dit is die rand se swakste vlak sedert einde November verlede jaar toe vrese oor die ANC se leiersverkiesing die geldeenheid laat verswak het.

Maar dié keer is dit nie binnelandse politieke gebeure wat die rand laat verswak nie, maar eerder verwikkelings in ander ontluikende markte.

Die Turkse lira het sy grootste weeklikse daling sedert 2008 aangeteken, terwyl ’n uitdagende pres. Recep Tayyip Erdogan Westerse kredietgraderingsagentskappe en Amerika die skuld vir die daling gegee het en sy landsburgers aangemoedig het om hul goud vir lira in te ruil.

Die lira het in die jaar tot dusver 36,7% van sy waarde prysgegee en is nou die ontluikende geldeenheid wat die swakste ter wêreld presteer.

’n Diplomatieke twis tussen Turkye en die VSA word wyd geblameer vir die daling in die waarde van die lira, maar die Europese Sentrale Bank se kommer oor Turkye se vermoë om sy skuld terug te betaal, dra by tot die verswakking.

Die lira het die afgelope maande die een krisis ná die ander trotseer, deels weens vrese oor politieke inmenging in die daaglikse bestuur van Turkye se sentrale bank.

Dit skep ook swak sentiment jeens ander ontluikende markte. Rusland se roebel is ook onder druk weens nuwe dreigemente van Amerikaanse sanksies teen Rusland en dié geldeenheid het Vrydag op sy swakste vlak in meer as twee jaar teenoor die dollar verhandel.

Meer oor:  Recep Tayyip Erdogan  |  Markte  |  Lira  |  Ekonomie  |  Rand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.