Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand breek deur R18/$
’n Dollar sou jou vroeg Maandagoggend R17,94 kos.Foto: Nellie Brand-Jonker

Die rand het vroeg Maandagoggend deur die R18-vlak teenoor die dollar gebreek.

Dit het teen R18,01 teenoor die dollar begin verhandel, maar het toe verder tot R18,07 verswak.

Die rand het egter net vir 'n kort rukkie teen dié vlak verhandel, en het vinnig weer tot R17,94 teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel.

Die geldeeneheid kon egter nie die goeie pas volhou nie, en het teen kort voor 09:00 wéér teen R18,02 teenoor die dollar verhandel.

Bianca Botes, tesourievennoot by Peregrine Treasury Solution, het die naweek reeds gewaarsku dat daar ’n groot moontlikheid is dat die rand tot dié vlak kan verswak.

Dit volg nadat die kredietgradeerder Moody’s Investors Service Suid-afrika ná drie jaar se dreigemente, tot rommelstatus afgegradeer het.

Sy sê Maandag in 'n verklaring dat Suid-Afrikaners "regtig moet hoop dat die huidige regering die politieke wil het om die skip om te keer, anders is ons in 'n regte onstuimige tyd. Die ekonomie sukkel en met die langdurige ineenstorting sal ons nog meer ly.

"Ons moet almal in hierdie moeilike tye saamwerk, maar ons het ook nodig dat die regering sterk standpunt moet inneem.

"Alle onnodige besteding en korrupsie moet uitgewis word. Ons wil nie na die Internasionale Monetêre Fonds toe gaan vir 'n reddingsboei nie, aangesien die voorwaardes wat hulle oplê, nie mooi sal wees nie," waarsku sy.

LEES OOK: Rand verswak dalk dié week tot R18/$

Die rand het ook ook teenoor ander geldeenhede verswak.

Hy het bykans 1% laer op R22,21 teenoor die Britse pond en R19,86 teenoor die euro verhandel.

Goeie nuus vir Suid-Afrikaners is dat die prys van ruolie steeds baie laag bly.

’n Vat ruolie kos $23,29.

Goud verhandel teen $1 616,52 per fynons terwyl platinum teen $715,80 per ons verhandel.

  • Hierdie artikel word opgedateer soos wat nuwe inligting beskikbaar word.
Meer oor:  Moody's Investor Service  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.