SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Ekonomie
Rand breek dalk deur R15 per dollar
’n Rand het Woensdagoggend vroeg teen R15,08 teenoor die dollar verhandel.

Die rand verhandel steeds teen meer as R15 teenoor die Amerikaanse dollar, maar nader dié sielkundige vlak.

Die geldeenheid het laatoggend vroeg tot selfs R15,02 per dollar versterk voordat dit tot R15,06 teruggesak het.

Dit blyk dit is die invloed van internasionale markte wat dié verbetering help bewerkstellig het.

Reuters berig die dollar het Woensdag teen verskeie geldeenhede teruggesak nadat Kanada aangedui het dat hy bereid is om sy geskille oor die Noord-Amerikaanse Vryhandelsooreenkoms te besleg.

Die dollar kan egter vinnig weer sy spiere bult aangesien China beplan om die Wêreldhandelsorganisasie te vra om sanksies teen die VSA in te stel.

Dié twee lande is geruime tyd reeds in ’n stryd gewikkel wat kenners waarsku in ’n volskaalse handelsoorlog kan ontaard.

Die rand het vroegoggend teen R19,64 teenoor die Britse pond en R17,50 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

  • Goud: $1 193 per fynons
  • Platinum: $789 per fynons
  • Olie: $79,32 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $6 263,03
  • Ethereum: $177,53
Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.