Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand byt vas teenoor dollar

Die rand het vroeg Maandagoggend steeds die pas volgehou teenoor die dollar.

dollar, rand
Die dollar sou jou vroeg Maandagoggend R13,94 kos. Foto: Elvira Wood

Die geldeenheid het teen R13,94 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.

Die rand het Donderdag behoorlik teenoor die dollar verstewig nadat die Reserwebank vir die eerste keer in meer as ’n jaar die rentekoers verlaag het.

Reuters berig die dollar het wel oor die naweek ’n effense hupstoot gekry nadat beleggers begin afskaal het in die hoop dat die Amerikaanse Federale Reserweraad op 31 Julie rentekoerse beduidend gaan verlaag.

Hulle is ook glo bekommerd oor wat in die handelstryd tussen die VSA en China gaan gebeur.

Plaaslik maak Statistieke Suid-Afrika Woensdag die jongste inflasiesyfer bekend.

Die syfer kan moontlik ’n invloed op die rand hê.

Die rand het vroeg Maandagoggend teen R17,43 teenoor die Britse pond en R15,63 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 427,80 per fynons
  • Platinum: $850 per ons
  • Olie: $63,32 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $10 628,59/R158 735
  • Ethereum: $226,11/R3 381

Meer oor:  Rentekoers  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.