Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand gaan tot R14,20 verswak, sê Rabobank
’n Houerskip vasgemeer in die hawe van Qingdao in die Shandong-provinsie in die ooste van China. Suid-Afrika en die rand is klein slagoffers in diie handelsoorlog tussen Amerika en China.Foto: AP

Die rand kry weer pak en het Woensdagoggend tot R13,40 teen die dollar verswak ná Dinsdag se versterking tot R13,33.

Dit volg op uitsprake van ’n valutastrateeg van Rabobank in Londen dat die rand se herstelpoging teen die dollar vandeesmaand stoom sal verloor namate Amerikaanse rentekoerse styg en die handelsoorlog tussen Amerika en China druk plaas op ekonomiese groeisyfers.

Piotr Matys, valutastrateeg by Rabobank, meen die rand is onder nuwe verkoopdruk te midde van die positiewe marksentiment wat vervaag.

Die rand het sedert begin Julie met meer as 2% teen die dollar versterk, maar Rabobank voorspel die rand sal teen einde September tot R14,20 teen die dollar verswak.

’n Volskaalse handelsoorlog tussen Amerika en China is volgens Matys die grootste risiko vir die rand en ander geldeenhede van opkomende markte.

Veral Suid-Afrika is blootgestel weens sy afhanklikheid van die uitvoer van onverwerkte kommoditeite soos koper, goud en platinum, wat geraak word deur ’n verlangsaming in internasionale ekonomiese groei weens ’n handelsoorlog. Die pryse van dié metale het die afgelope maand reeds gedaal.

In reaksie op die jongste reeks Chinese produkte waarop pres. Donald Trump van Amerika hoër invoertariewe hef het oliepryse Woensdag geval, en aandeelpryse in China was laer.

Brent-ruoliepryse het in ’n stadium met meer as $1 per vat gedaal – van $78 per vat tot $77 per vat – maar later die oggend het pryse weer tot bo $78 per vat herstel. In Amerika het oliepryse tot onder $74 per vat geval.

Teen die euro het die rand Woensdagoggend van R15,65 tot R15,77 verswak.

Die JSE se indeks van alle aandele het Dinsdagaand 0,33% laer op 58 027 gesluit.

Ander aandelebeurse in Asië was ook Woensdag laer, insluitend Japan en Hongkong.

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Randdollarwisselkoers  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.