Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand gaan wipplank ry, waarsku kenners

Wisselvalligheid is die rand se voorland.

’n Man hou aandeelpryse dop by ’n makelaar in Beijing, China. Aandele in Asië het Dinsdag geval in aanloop tot die G20-beraad, moontlike handelsgesprekke tussen Amerika en China, en te midde van geopolitieke spanning in die Midde-Ooste.Foto: AP

Hoewel die mark gereed is vir ’n sterker rand, druk plaaslike faktore en die beleggersentiment jeens Suid-Afrika die geldeenheid tans af, meen André Botha, senior handelaar by TreasuryOne.

“Daar kan op kort tot mediumtermyn geleenthede vir sowel invoerders as uitvoerders ontstaan, want die sentiment kan net op grond van ’n nuusopskrif verander,” waarsku Botha.

Die rand het Dinsdagoggend versterk tot R14,29 teen die dollar teenoor die vorige aand se sluitingsvlak van R14,36.

Vroegoggend was die geldeenheid swakker op R14,37. Botha skryf dit toe aan kommer oor die impak van die reddingsboei wat die regering aan Eskom wil gee.

Die gebruiklike sterk vraag van invoerders teen die einde van die maand wat rande inruil vir dollar om hul aankope te doen, is ook ’n faktor. Dit lei tot ’n ooraanbod van rand in die valutamark, wat die geldeenheid se waarde laat verswak.

Andersins verswak die dollar steeds in afwagting van rentekoersverlagings deur die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) in Julie.

Die G20-beraad van wêreldleiers dié week is ook ’n faktor wat die markte raak.

Intussen vlug beleggers na veilige hawens soos goud en die Switserse frank weens die verhoogde geopolitieke spanning in die Midde-Ooste en pres. Donald Trump se nuwe sanksies teen Iran.

Die goudprys het in markte in die Verre Ooste sy beste vlak in ses jaar behaal op $1 438,63 per fynons, en verhandel tans teen $1 436 per ons.

Op die wêreld se aandelebeurse het aandeelpryse teruggesak te midde van die oplopende spanning in die Midde-Ooste en in aanloop tot die G20-beraad vandeesweek.

Botha wys op die Amerikaanse beurse wat oornag wisselvallig gesluit het, met geen groot veranderinge nie.

Aandeelpryse in Europa en Asië was Dinsdagoggend laer.

Handelaars sal Dinsdag uitkyk vir die kommentaar van die Fed-voorsitter, Jerome Powell, wat in New York ’n toespraak gaan lewer oor monetêre beleid.

Op die kommoditeitsmark was oliepryse effens laer nadat dit oor drie dae met bykans 8% gestyg het. Brent-ruolie het met 0,31% tot $64,66 per vat gedaal, en West Texas Intermediate, die Amerikaanse olieprysmaatstaf, was 0,1% laer op $57,84 per vat.

Bitcoin het vir die tweed dat tot bo $11 000 gestyg.

Teen die pond het die rand Dinsdag tot R18,24 versterk, en teen die euro tot R16,26.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Fed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.