Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand, goud onder druk voor Powell praat
’n Dollar sou jou Woensdagoggend R14,19 kos. Foto: Bloomberg

Die rand en die goudprys was Woensdagoggend steeds onder druk.

Dit is in afwagting voor Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad (Fed), Woensdag voor die Amerikaanse kongres begin getuig oor die stand van dié land se ekonomie.

Die rand het teen R14,19 teenoor die dollar verhandel terwyl goud $1 394,70 per fynons kos.

Reuters berig daar word verwag dat sy getuienis twee dae sal duur.

Wat die dollar steun, en waarvoor beleggers hul ore spits, is óf Powell enigiets oor rentekoerse gaan sê.

Die verwagting tot onlangs was dat die Fed binnekort rentekoerse met tot soveel as 50 basispunte gaan verlaag.

Reuters berig dat die jongste Amerikaanse indiensnemingssyfers beleggers nou hul vooruitsig laat verander. Hulle voorspel rentekoerse gaan steeds verlaag word maar waarskynlik met net 25 basispunte.

Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R17,67 teenoor die Britse pond en R15,91 teenoor die euro verhandel.

Dit blyk steeds dat digitale geld hulle glad nie aan die dollar steur nie.

Bitcoin het nou deur die $13 000-vlak gebreek en verhandel teen $13 039,16. Wat betref digitale geld het bitcoin ’n goeie Maandag beleef. Die waarde hiervan het oornag met bykans 10% gestyg. Luidens Coindesk is dit die hoogste vlak sedert Februarie 2018.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 394,70 per fynons
  • Platinum: $811 per ons
  • Olie: $64,74 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $13 039,16/R193 351
  • Ethereum: $311,66/R4 637
Meer oor:  Federale Reserweraad  |  Jerome Powell  |  Vsa  |  Dollar  |  Rand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.