Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand het klaar partytjie gehou
’n Rand het Donderdagoggend vroeg teen R14,74 teenoor die dollar verhandel.

Die rand het teen Donderdagoggend klaar partytjie gehou oor die nuwe minister van finansies.

Die geldeenheid het teen R14,74 teenoor die dollar verhandel.

Dit is steeds effens sterker as voordat Tito Mboweni Dinsdag in dié pos aangestel is, maar reeds 20c swakker as kort nadat die aankondiging gedoen is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Mboweni aangestel nadat hy Nhlanhla Nene se bedanking uit die pos aanvaar het.

’n Sterker dollar kan nie eens die skuld gegee word dat die rand teruggesak het nie, aangesien The Wall Street Journal berig dat die Amerikaanse geldeenheid ook Woensdag ietwat veld verloor het teenoor ander geldeenhede.

Die een hulpbron wat wel ’n klein voordeel uit die swakker dollar getrek het, is goud.

Die goudprys het oornag met sowat $9 per fynons gestyg.

Dit het vroeg Donderdagoggend teen $1 192 per fynons verhandel.

Die volgende groot gebeurtenis op die kalender wat die rand behoorlik kan laat tol, is as Moody’s Investors Service wel Vrydag ’n besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering aankondig.

Die gradeerder het egter al voorheen gewaarsku dat hoewel dit op sy kalender is, hy nie noodwendig enigiets hoef te doen nie.

Moody’s is tans nog die enigste van die drie groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika nog as beleggingswaardig beskou.

Die rand het Donderdagoggend teen R19,50 teenoor die Britse pond en R17,05 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake so:

  • Goud: $1 192 per fynons
  • Platinum: $814 per fynons
  • Olie: $81,58 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $6 251,67
  • Ethereum: $205,62
Meer oor:  Tito Mboweni  |  Cyril Ramaphosa  |  Goudprys  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.