Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand het slegte nag, nes Notre-Dame
’n Dollar sou jou vroeg Maandagoggend R14,06 kos.

Die rand het ook ’n baie slegte nag agter die rug. Nes die Notre-Dame-katedraal in Parys, Frankryk.

Hoewel die rand nie in ligte laaie opgegaan het nie, het hy beduidend verswak.

Die rand het vroegoggend teen R14,06 teenoor die dollar verhandel.

Reuters berig dit is omdat die dollar wêreldwyd oornag verstewig het. Dit is waarskynlik in afwagting op syfers wat dié week in Europa bekendgestel gaan word.

Volgens Reuters het beleggers duidelik besluit om eerder versigtig te wees in afwagting op dié syfers deur in die dollar te belê.

Die rand het vroegoggend teen R18,40 teenoor die Britse pond en R15,89 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 285,44 per fynons.
  • Platinum: $883 per ons.
  • Olie: $70,97 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $5 055,24
  • Ethereum: $162,23

Meer oor:  Dollar  |  Notre Dame  |  Euro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.