Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand breek deur R15-vlak
’n Dollar sou jou Maandagoggend R15,07 kos.

Die rand het Woensdagoggend sy goeie pas teenoor die Amerikaanse dollar volgehou.

Dit kom nadat Statistieke Suid-Afrika Dinsdag bekend gemaak het dat die land se ekonomie met 3,1% op ’n kwartaalgrondslag gegroei het. Dit was meer as wat ekonome verwag het.

Nog voordat die BBP-syfers uitgereik is, het die rand Dinsdagoggend tot R15,21 versterk. Net nadat die syfers uitgereik is, het die rand met nog 10c tot R15,11 versterk.

Hy het Woensdagoggend egter behoorlik sy spiere begin bult en deur die R15-vlak teenoor die dollar gebreek.

Hy het teen 12:30 teen R14,87 teenoor die dollar verhandel.

Die rand het laas aan die begin van Augustus teen onder die R15-vlak teenoor die dollar verhande.

Die rand het Dinsdag ook teenoor die Britse pond en euro verstewig. Hy het teen R18,14 teenoor die pond en R16,39 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 537,54 per fynons
  • Platinum: $971 per ons
  • Olie: $58,57 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $10 596,08/R169 230
  • Ethereum: $179,45/R2 862

Meer oor:  Ekonomiese Groei  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.