Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand hou aan gly, ongeag ‘goeie’ Covid-19-syfers

Die rand het Woensdag in New York op ’n rekordlaagtepunt van R18,23 teenoor die dollar gesluit – die eerste keer in die rand se 59-jarige bestaan dat dit bo R18 sluit – en dit het Donderdag verder verswak. Teen 11:00 was die laagtepunt van die dag reeds R18,28.

Daar is geen verligting vir die rand nie.

Die rand is die ontluikende geldeenheid wat die swakste presteer en het vanjaar al meer as 30% van sy waarde verloor, volgens André Botha, valutahandelaar van TreasuryOne.

“Beleggingsbanke en verskansingsfondse skram weg van ontluikende markte se bates aangesien hulle vrees dat dié lande nog nie die volle impak van die koronavirus gevoel het nie,” sê Botha.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdag gewaarsku dat die afplatting van nuwe gevalle die afgelope dae nie voortydig gevier moet word nie. Die verwagting is dat infeksie en ook sterftes dié week skerp sal styg.

Suid-Afrika het teen Woensdag 1 380 infeksies en vyf sterftes weens Covid-19 gehad. Nuwe syfers is nog nie Donderdag uitgereik nie.

LEES OOK: Ons gaan nou pasiënte soek, sê Mkhize

Die rand trek ook swaarder sedert Moody’s Suid-Afrika tot rommelstatus afgegradeer het. Voor dié stap Vrydagnag het die rand net onder R18 per dollar gehuiwer.

LEES OOK: Rand val met 28%: Só raak dit jou

’n Deel van die verswakking van die rand kan daaraan toegeskryf word dat beleggers dollars koop. Die dollar het ook teen groot geldeenhede soos die euro en pond versterk.

Intussen het markte Donderdag wêreldwyd effens asem geskep.

Die JSE se indeks van alle aandele het teen 11:00 met 2,6% versterk, maar dit vergoed kwalik vir die 22%-daling vir die jaar tot dusver.

LEES OOK: 1ste kwartaal op beurs ’n bloedbad – en erger kom

Intussen styg die olieprys vir die tweede dag in ’n ry. Brent-ruolie het Donderdagoggend vroeg met 12,7% tot $27,88 gestyg. Die styging word daaraan toegeskryf dat China planne bekend gemaak het om sy reserwes aan te vul. China is die grootste invoerder van olie.

Die goudprys was teen 11:00 so te sê onveranderd op $1 589,96 per fynons.

Meer oor:  Rand  |  Koronavirus  |  Markte  |  Dollar  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.