Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand hou asem op vir staatsrede
Die rand trap sedert Maandag water net bo R14,90.

Die rand trap sedert Maandag water net bo R14,90 in afwagting op belangrike syfers, die staatsrede Donderdag en die begroting later vandeesmaand.

Die rand het Vrydag met 1% verswak tot R15.

Maandag het hy egter met 9c versterk om op R14,97 te sluit en sedertdien verhandel hy rondom R14,93.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, het Maandag gesê die rand word deur onsekerheid voor die begroting, die staatsrede en Moody’s se hersiening van Suid-Afrika se gradering afgetrek.

Nog ’n demper op die rand is die beurtkrag.

“Die rand is steeds onder die swakste presteerders in die mandjie van opkomende markte se wisselkoerse, naamlik 7% swakker teenoor die dollar sedert die einde van verlede jaar weens die voortslepende risikovermyding,” sê Bishop.

Volgens haar word die aptyt vir veiliger bates volgehou met goud wat Maandag teen $1 573 per fynons verhandel het.

Die rand het water getrap ondanks die sterftes wat deur die nuwe 2019-koronavirus veroorsaak word, wat nou meer as 1 000 bereik het. Internasionaal is daar nou al meer as 42 000 mense met die virus besmet.

“Weens die grootte van China se ekonomie kan wesenlike stres in dié land na Amerika en ander internasionale markte oorspoel deur die aptyt vir risiko, handel en hulpbronpryse wat afneem en die dollar wat versterk,” waarsku Amerika se Federale Reserweraad.

Bianca Botes, tesourievennoot van Peregrine Treasury Solutions, glo ook die rand sukkel om rigting te kry terwyl hy wag op belangrike inligting en gebeure vandeesweek.

In Suid-Afrika word die werkloosheidsyfers vandag ook vir die laaste kwartaal van 2019 uitgereik.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.