Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand hou die VSA fyn dop
'n Dollar sou jou vroeg Woensdagoggend R14,19 kos. Foto: Argief

Die rand wag duidelik vir nuus uit die VSA.

Die geldeenheid het Dinsdag baie bestendig verhandel. Dit was ongeag die nuus dat Eskom ’n massiewe verlies van bykans R21 miljard gely het én dat hy al sy hoop op die staat sit om hom uit sy geldnood te red.

Die rand het vroeg Woensdagoggend teen R14,15 teenoor die dollar verhandel.

Die groot veranderlike dié week gaan die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA se besluit oor rentekoerse wees.

Die Fed besluit Woensdag daaroor.

’n Laer rentekoers in die VSA kan druk op die dollar plaas omdat dit ander beleggings waar meer rente verdien word, aantrekliker maak.

Die verwagting is egter lank reeds dat die Fed wel rentekoerse gaan snoei en daar sal gesien moet word in hóé ’n mate beleggers só ’n aanpassing reeds ingereken het.

Die rand verhandel vroeg Woensdagoggend teen R17,24 teenoor die Britse pond en R15,83 teenoor die euro.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 440,90 per fynons
  • Platinum: $875 per ons
  • Olie: $65,16 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $9 660,71/R144 250
  • Ethereum: $211,37/R3 156

Meer oor:  Federale Reserweraad  |  Vsa  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.