Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand steier terug na bo R14-vlak
Die rand verhandel vroeg Donderdagoggend teen R13,93 teenoor die dollar.

Die rand kon maar net nie Donderdag sy pas teenoor die dollar volhou nie.

Hoewel hy die oggend goed afgeskop het op van die beste vlak in sowat 42 dae deur weer deur die R14-vlak teenoor die dollar te breek en teen R13,93 verhandel het, het hy teen 13:30 die aftog begin blaas.

Die rand het vroeg Donderdagmiddag teen R14,00 teeenoor die dollar verhandel.

Hoewel Reuters vroeër berig het dat die dollar  steeds wêreldwyd onder druk bly nadat die Federale Reserweraad en die Europese Sentrale Bank albei aangedui het hulle gaan vir eers wag voor hulle weer rentekoerse gaan verhoog, was daar geen ooglopende rede hoekom die rand weer skielik begin terugsak het nie.

Die rand het ook veld teenoor die Britse pond en euro verloor.

Hy het vroegmiddag teen R18,32 teenoor die pond en R15,79 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 302,18 per fynons.
  • Platinum: $900 per ons.
  • Olie: $71,14 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $5 216,24
  • Ethereum: $171,94

Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.