Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand hou saam met mark asem op vir VSA-syfers

Markte is wêreldwyd onder druk weens vrese dat ’n nuwe wêreldresessie op pad is.

’n Man hou die aandeelprys-kennisgewingbord by die Australiese aandelebeurs in Sydney dop. Aandeelpryse in Asië was Donderdag laer nadat die Dow Jones-nywerheidsindeks in New York geval het weens vrese oor ’n resessie. Foto: AP

Amerikaanse vervaardiging- en kleinhandelsyfers word Donderdag uitgereik en beleggers sal al die syfers fyn dophou vir enige teken van ’n verlangsaming.

Die rand is sedert begin vanjaar al 7% swakker teen die dollar, maar het Donderdag in vroeë verhandeling ’n paar sent veld gewen tot R15,33 nadat dit die vorige aand op R15,41 gesluit het.

Aan die begin van die jaar was die rand nog op R13,23 teen die dollar – sy beste vlak in die afgelope 12 maande.

Die JSE het Woensdag 2% laer op 54 029 indekspunte gesluit.

Die rand het ook effens herstel teen die Britse pond tot R18,48 en teen die euro tot R17,09.

Op die kommoditeitsmarkte was Brent-ruolie se termynkontrakte 0,37% laer op $59,26 per vat, die goudprys was byna onveranderd op $1 516 per fynons, en platinum was omtrent onveranderd op $845 per ons.

Maatskappynuus wat beleggers Donderdag kan besig hou, is so ver die mynmaatskappy Gold Fields wat halfjaarresultate uitgereik het. Gold Fields het ’n wins van $70,5 miljoen bekend gemaak nadat hy ’n jaar gelede ’n verlies gely het.

ARB Holdings het sy jaarresltate uitgereik, en African Bank het ’n kwartaalverslag uitgereik oor sy voldoening aan Basel-bankvereistes.

In Asië was aandeelpryse meestal laer in reaksie op die swakker Amerikaanse beurspryse oornag.

Die aandeelbeurs in Sydney was veral skerp af, ondanks die goeie nuus dat Australië se arbeidsmark in Julie drie keer soveel nuwe werkgeleenthede geskep het as wat verwag is. Werkloosheid in Australië staan op 5,2%.

Daar was in Julie 41 100 meer poste in Australië as in Junie, en meer as driekwart daarvan is heeltydse poste.

Meer oor:  Ekonomie  |  Rand  |  Markte  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.