Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand kry nie weer ‘Ramaforie’ oor staatsrede

Die rand het nie vanjaar weer die “Ramaforie” van verlede jaar gekry nie.

Dit is meer die dollar wat 'n impak het op die rand as wat die plaaslike politiek het.

“Hoewel die sentiment sedert Cyril Ramaphosa se inhuldiging verlede jaar wesenlik verbeter het, het die rand nie weer die vorige ondervinding met ‘Ramaforie’ herhaal in aanloop tot die staatsrede nie,” het Bianca Botes, ’n valutamarkkenner van Peregrine Treasury Solutions, gesê.

Volgens haar het die rand Donderdag eerder verswak tot dit in ’n stadium R13,65 teen die dollar was.

“Maar toe Ramaphosa dieper begin delf het in die hart van die probleem soos die swak toestand van Eskom en wat die plan van aksie is, het die rand daarin geslaag om weer te versterk, wat gedurende die dag weer verloor is.”

Sy het gesê dit was ’n staatsrede wat goed ontvang is en hy teiken duidelik buitelandse beleggings om ekonomiese groei aan te vuur.

“Hoewel die rand deurgaans deur die week verswak het, is dit nie as gevolg van die staatsrede nie.”

Sy het dit toegeskryf aan die dollar wat van sy swak vlak verlede week weer versterk het en in die afgelope dae druk op die rand geplaas het.

“Die druk op die rand gaan toeneem, want daar is baie markwaarnemers wat ’n optimistiese vooruitsig vir die dollar het.”

“Vir nou het die fokus teruggeskuif na die dollar wat die rand gaan lei. Die invloed van plaaslike gebeure sal eers weer terugkeer wanneer die verkiesing nader kom.”

Meer oor:  Staatsrede 2019  |  Rand  |  Valuta  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.