Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand nie hier óf daar voor nuus oor rente

Die rand markeer duidelik tans die pas weens internasionale gebeure, maar ook in afwagting van plaaslike gebeure.

Die rand markeer die pas...

Die Reserwebank maak Donderdag sy jongste besluit oor rentekoerse bekend terwyl die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Services Vrydagaand sy besluit oor die land se kredietgradering bekend maak. Daarby kondig pres. Cyril Ramaphosa na verwagting oor die naweek sy nuwe kabinet aan.

Reuters berig die dollar handhaaf steeds sy stewige pas internasionaal. Dit het die rand Woensdagoggend bykans onveranderd op R14,41 teenoor sy Amerikaanse eweknie laat verhandel. Dit is net 1c swakker as die R14,40 waarop hy die week Maandagoggend afgeskop het.

Die rand het vroeg Woensdagoggend ook bykans onveranderd teen R18,33 teenoor die Britse pond en R16,08 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 273,25 per fynons
  • Platinum: $811 per ons
  • Olie: $71,68 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $7 955,94/R120 802
  • Ethereum: $258,70/R3 926

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Goudprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.