Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand nóg 10c sterker
’n Dollar sou jou Woensdagoggend R14,65 kos. Foto: Elvira Wood
Elvira Wood

Die rand is stadig maar seker besig om weer veld teenoor die dollar te wen.

Die geldeenheid het vroeg Woensdagoggend teen R14,65 teenoor die dollar verhandel.

Dit is ’n verbetering van 10c teenoor Dinsdag en 35c sedert die naweek toe hy in ’n stadium tot méér as R15 teenoor die Amerikaanse geldeenheid teruggesak het.

Die wel en wee van die rand word steeds hoofsaaklik deur dié van die dollar bepaal.

Reuters berig met dié dat beleggers wag om te kyk wat die Federale Reserweraad met rentekoerse in die VSA gaan doen én met onsekerheid oor watter rigting die handelsoorlog gaan inslaan, blyk daar steeds ’n aptyt vir meer riskante beleggings te wees.

Die rand versterk ook steeds teenoor die Britse pond en die euro.

Die rand verhandel vroeg Woensdagoggend teen R18,64 teenoor die pond en R16,61 teenoor die euro.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 331,97 per fynons
  • Platinum: $818 per ons
  • Olie: $61,40 per vat

Digitale geld

  • Bitcoin: $7 976,82/R123 350
  • Ethereum: $248,50/R3 839

Meer oor:  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.