Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand, olie en markte rem ná Woensdag se skerp val
Die Centenario diepsee olieproduksieplatforum in die Golf van Mexiko. Oliepryse het Donderdagoggend effe gestabiliseer ná ’n skerp val Woensdag.Foto: REUTERS

Ná Woensdag se skerp verswakking in die rand tot R13,54 teen die dollar het die geldeenheid Donderdagoggend in verhandeling voor die plaaslike markopening net effens op rondom R13,52 gestabiliseer.

Teen die euro was die rand bykans onveranderd op R15,80 nadat dit Woensdag van R15,65 teruggesak het.

Die JSE se indeks van alle aandele was Woensdagaand 1.37% laer op 57 231 indekspunte.

Oliepryse was Donderdagoggend effens sterker nadat dit Woensdag skerp geval het. In Amerika was West Texas Intermediate op $70,83 per vat en in Londen was Brent-ruoliepryse op $74,60 per vat.

As die beurse in Asië ’n aanduiding van algemene internasionale marksentiment is, kan die JSE Donderdag straks weer sy kop oplig – aandeelpryse het Donderdag daar herstel ná die skerp val Woensdag in reaksie op die voortslepende effek van die handelsoorlog tussen Amerika en China.

Die aandelebeurse van Sydney tot Hongkong was hoër, tesame met aandeeltermynkontrakte vir Amerikaanse en Britse aandele.

Veral Chinese aandeelpryse het Woensdag getuimel nadat pres. Donald Trump van Amerika ekstra invoertariewe op $200 miljard se Chinese invoergoedere ingestel het. China het teruggekap met sy eie invoerheffings.

China het Donderdag selfs sy vooruitskattings vir sojaboon-invoer vir die 2018-’19-oesjaar afwaarts aangepas want hy verwag dat die hoër pryse weens sy strafheffings op Amerikaanse sojabone die vraag sal knou. Chinese boere sal na verwagting ander bestanddele gebruik om hul diere mee te voer.

Meer oor:  Rand  |  Markte  |  Randdollarwisselkoers  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.