Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand op laagste vlak in 11 maande

Die rand het Maandagmiddag tot ’n nuwe laagtepunt die afgelope elf maande verswak weens politieke onsekerheid en die swak ekonomiese vooruitsig.

A rand note
Die rand het verlede Maandag op R14,92 teen die dollar gesluit. Dit is nou op R15,28.

Die onsekerheid oor die kans van ’n oplossing vir die twis oor handel tussen Amerika en China het tot die verdere verswakking bygedra.

Die rand het gedurende die dag sy swakste vlak van R15,45 bereik, wat ’n nuwe elf-maande-laagtepunt is.

Die rand het verlede Maandag op R14,92 gesluit en het Woensdag verlede week gedurende die dag tot sy swakste vlak in elf maande van R15,31 verswak.

Teen 18:30 Maandag het die rand op R15,28 verhandel, wat volgens Investing.com net 3c swakker as die vorige sluitingsprys was.

Warrick Butler, hoof-valutahandelaar van Standard Bank, het in ’n nuusbrief gesê die rand mik in die onmiddellike toekoms na R15,69, wat 2018 se swakste vlak was.

“Wisselvalligheid het skerp toegeneem die afgelope drie weke en die rand is nou amptelik die swakste geldeenheid wêreldwyd sedert die gemors middel Julie begin het,” het hy gesê.

Dit is in verwysing na baie negatiewe plaaslike nuus sedertdien. Dit sluit Eskom se groot skuldlas en internasionale kredietgraderingsagentskappe se reaksie daarop in. – Reuters, bygewerk

Meer oor:  Standard Bank  |  Wisselkoers  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.