Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Rand sak nóg verder terug oor Eskom
’n Dollar sou jou Dinsdagmiddag R14,31 kos.

Die rand het Dinsdagmiddag met meer as 1% teenoor die dollar teruggesak.

Die geldeenheid het vroegoggend teen R14,15 teenoor die dollar verhandel, maar teen net voor 17:00 tot R14,31 verswak.

Dit het dus al sedert die begin van die Paasnaweek met meer as 2% verswak. Die rand het Donderdagoggend nog teen R13,98 teenoor die dollar verhandel.

Die voorspelling vroeg Dinsdag deur Bianca Botes, korporatiewe tesouriebestuurder by Peregrine Treasury Solutions, dat die rand tot so swak as R14,20 kan terugsak, is dus bewaarheid.

Volgens kenners het die rand in reaksie op die onthulling oor die nasionale tesourie se reddingsboei aan Eskom verswak.

Tito Mboweni, minister van finansies, het op Donderdag 19 April ’n verslag in die parlement ter tafel gelê wat toon dat Eskom vroeg in April ’n reddingsboei van R17,6 miljard gekry het om dringende uitgawes te dek.

Die eerste R5 miljard van dié bedrag is op 2 April aan Eskom betaal.

Die rand het ook teenoor die Britse pond (R18,53) en die euro (R16,04) teruggesak.

Meer oor:  Eskom  |  Rand  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.